0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (21)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 22 of 22 matches in All Departments

Wadda van die woestyn (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Wadda van die woestyn (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Weer neurie die kind lispelend en vervelig herhaalde kere sy liedjie sodat Koestertjie, lamgeslaan soos sy daar staan, tot haar verbasing sien dat die slang sy bolyf laat sak totdat hy plat op die grond in al sy kronkelinge voor die kind le. ’n Vuil handjie word uitgestrek en net as dit aan die skubberige rug wil vat, pluk die reptiel homself weer orent en word die bak dreigend platgemaak. Dit is tog te mooi. Die laggie dawer deur die lug en dan word daar maar weer gesing. Weer bedaar die slang.” Wadda van die woestyn verskyn oorspronklik in 1950. In die roman word ’n wit driejarige seuntjie deur Boesmans, Boogspan en sy vrou, Koestertjie, aangeneem nadat die skip waarop hy, sy tweelingboetie en hulle ouers reis byna op die rotse loop. Wadda (’n verdraaiing van sy doopnaam “Waldo”) toon ’n besondere aanvoeling vir en beheer oor die plante- en dierelewe van die Namib-woestyn. Wanneer hy ouer word, word hy ’n leier en legende onder die inheemse bevolking. Die verhaal neem ’n onverwagse wending wanneer Wadda ’n soekgeselskap, op soek na legendariese skatte, teekom en uitvind waar hy werklik vandaan kom.

Die Uile langs die Limpopo (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile langs die Limpopo (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Vir 'n meedoenlose smokkelbende is die bome langs die Limpoporivier die ideale plek vir hul skelmstreke en hulle verwag nie dat vyf dapper seuns van Kranskopc en ’n man wat gebrei is deur die Kalahariwoestyn, met hulle paaie sal kruis nie. 'n Vakansie langs die Limpopo hou ongetwyfeld avonture vir die Uile-bende in – veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. Maar die afgelee boswereld is nie net vir die vriende aanloklik nie. Wanneer honger krokodille boonop tot die gevaar gevoeg word, moet Philip en sy vriende vinnig dink en optree.

Die Uile Vlieg Weer (Paperback): Cor Dirks Die Uile Vlieg Weer (Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Die Uile vlieg weer is ’n paar jaar na die oorspronklike Uile-reeks geskryf. Dit handel oor die geliefde Uile se kinders wat nou in die voetspore van hul ouers volg. Philip Senekal begin sy hoerskoolloopbaan op Kranskop. Dit is sy pa se ou skool en hy weet al soveel van die koshuis en die omgewing dat hy uitsien na die avonture wat op hom wag. Maar eers moet hy ook ’n Uile-bende stig. Was sy pa dan nie die Groot Uil van die beroemde Uile-bende nie? En hy is uitgeknip sy pa se seun. Groot is sy verbasing toe hy sy kamermaat ontmoet – ene Jorsie Neethling, seun van ’n ou vriend van sy pa. Een na die ander kom die seuns van die Uile op Kranskop aan. Uiteindelik is die bende weer voltallig!

Die Uile in Die Verlore Stad, Boek 6 (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Cor Dirks Die Uile in Die Verlore Stad, Boek 6 (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Vir die vyf dapper vriende wat hulleself die Uile noem, is dit opwindend om na die skatte van 'n geheimsinnige, verlore stad in die Kalahari te gaan soek. Opwindend, ja, maar ook lewensgevaarlik. Want in die Kalahariwoestyn is die enigste bedreigings nie net die roofdiere en sandstorms nie, maar ook vyande wat self 'n oog op die buit het. Sal die Uile hierdie gevaarlike manne kan uitoorlê? En is daar werklik 'n verlore stad en skatte diep in die woestyn?

Die Uile by Die See, Boek 8 (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile by Die See, Boek 8 (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Watter seun wat sy bendenaam waardig is, sal net staan en toekyk wanneer honderde duisende rande se diamante na 'n boot gesmokkel word? Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie 'n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie, maar...

Die Uile in Die Gimnasium (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile in Die Gimnasium (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days
Die Uile Van Kranskop (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Cor Dirks Die Uile Van Kranskop (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Op ’n geheimsinnige brief wat Philip Senekal vir Hennie Pretorius in die Wiskundeklas stuur, staan in groot drukletters: “UITERS GEHEIM – WYS VIR NIEMAND NIE”. Die brief is onderteken deur Die Groot Uil en Hennie moet hom tweede pouse by die bome agter die skietbaan ontmoet. Wat kan dit beteken?

Dit is nie net Hennie wat so ’n vreemde boodskap van Die Groot Uil kry nie. Ook drie ander graad 9’s Berrie du Toit, Vaatjie Botha en Jorsie Neethling kry opdragte om op ’n sekere tyd op ’n sekere plek te wees.

Gou is dit duidelik dat Die Groot Uil, oftewel Philip, sy vier Kranskopse vriende – wat voortaan as Die Uile bekend sal staan – bymekaargeroep het vir die begin van ’n hele reeks onvergeetlike avonture. Diewe word gevang en boelies moet les opsê … Maar sal alles vir hierdie vyf Uile ewe glad verloop? Wat gebeur as hulle onder verdenking kom en as Philip se suster skielik spoorloos verdwyn?

Vyf Uile En 'n Tier, Boek 11 (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Vyf Uile En 'n Tier, Boek 11 (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Op Kranskop is daar nie 'n tekort aan koshuisstreke, avontuur of raaisels wat opgelos moet word nie. Wanneer ’n groot sirkustier boonop uit sy hok ontsnap, is dit die begin van selfs meer aksie. Philip en die Uile word nie toegelaat om aan die gewapende soektog deel te neem nie, en besluit om dan maar na geitjies in die biologieklas te gaan soek. Maar sal hulle dalk in die proses op iets afkom wat veel groter en gevaarliker as 'n geitjie is?

Die Uile in Die Stad, Boek 10 (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile in Die Stad, Boek 10 (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days
Die Otters in die Okavango-Moeras (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters in die Okavango-Moeras (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Die Otters gaan saam met hulle pa’s op ’n kampeervakansie na Moremi, ’n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi ’n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak.

Die pad na Moremi loop lang draaie deur vreemde plekke. Wanneer die viertal seuns op Maun ontvoer word, moet hulle die waterkanale by Matlapaneng in ’n mokoro aandurf en die woestynstreek, waar net die Boesmans woon, trotseer.

Die Otters se Veldskoolavonture (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters se Veldskoolavonture (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle ’n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om ’n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met ’n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind.

Weggesteek in die digte bosveldwêreld is tekens van ’n ou beskawing. Die seuns kom op vreemde plekke af. Hulle ontdek ’n donker tonnel, ’n gevaarlike grot en ’n vervalle kasteel …

Maar wat soek twee gewapende mans in die grot? En is die ou kasteel regtig so verlate soos wat dit van ver af lyk?

Die Otters Skateiland van die Seychelles (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters Skateiland van die Seychelles (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Die drie vriende gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahe af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassie per ongeluk hoor hoe twee mans praat van 'n kaart wat hulle na seerowerskatte kan lei. Ongelukkig kom die mans agter dat die seuns ook wil deel in die buit!

Die Otters se Koshuisstreke (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters se Koshuisstreke (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters ’n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie ’n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom ’n plek in die eerstekrieketspan oop. Buks is die een wat ’n slag het met die meisies, maar dit is Litte wat soos ’n wafferse held die skone Helene red van verdrinking. Toe die skool se fietse op grootskaal begin wegraak, is dit die Otters wat hulle lewens waag om die diewe te probeer vastrek. Die probleem is net: Dit is ’n geharde bende wat nie sal skroom om te kry wat hulle wil hê nie. Kan die Otters regtig hierdie hardebaard-boewe aanvat?

Breuk Onder Die Uile (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Cor Dirks Breuk Onder Die Uile (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Cor Dirks
R139 Discovery Miles 1 390 Ships in 4 - 8 working days

Wat niemand ooit sou glo nie, het toe wel gebeur: 'n skeuring onder die Uile-geledere. Berrie is die een wat uit die hegte kringetjie wegbreek het. Met krieket kan hy en Philip nog saam speel sonder om werklik saam te werk. Maar toe breek die rugbyseisoen en daardie belangrike naelbyterwedstryd teen Excelsior aan.

Die Otters en die Huis op die Krans (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters en die Huis op die Krans (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag? Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur ... Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters ontvoer word? Sal die Otterfluit hulle kan help om mekaar weer op te spoor? Die Otters en die huis op die krans is die vierde aksie-belaaide boek in die Otter-reeks van die befaamde Cor Dirks. Ons weet teen hierdie tyd dat die seuns maar net nie kan help om in die moeilikheid te kom nie, maar sal hulle hulself hierdie keer weer daar uit kan kry?

Die Otters se "Fietstoer" (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters se "Fietstoer" (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Buks, Kassie en Litte – oftewel die Otters – skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir ʼn fietstoer kan bekom. Na heelwat beplanning, vertrek die seuns met ʼn gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier. Wanneer hulle besef dat hulle oor die 400 km sal moet ry, kry hulle rygeleenthede saam met interessante trokdrywers ... Net ná Potgietersrus (deesdae bekend as Mokopane) haak hulle egter by een van die plase vas en word dit al gou duidelik dat hulle die Limpoporivier nie te siene sal kry nie ... Wanneer hulle agterkom dat die mense hier onwettig beeste oor die grens smokkel, maak hulle spore, maar kan hulle die bloeddorstige boer en sy spoorsnyer ontglip? En wat sal gebeur as hulle in ondergrondse tonnels vasgekeer word en wit geraamtes in die donker grotte ontdek?

Die Uile in Die Wildtuin (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile in Die Wildtuin (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

n Bosveld- en wildtuinvakansie hou vir die Uile onverwagte avonture in... Philip, Hennie, Berrie, Vaatjie en Jorsie, die vyf vriende bekend as die Uile, reken die grootste vakansieavonture wag vir hulle op 'n bosveldplaas. Toe Philip, die Groot Uil, 'n luiperd uit 'n boom plattrek, dink hulle die vakansie kan nou net rustiger raak. Maar toe besluit die vyf om Krugerwildtuin toe te gaan. En daar skuil groter uitdagings, want Josie kom per ongeluk op die spoor van drie uitgeslape skelms vir wie die sukses van hulle smokkelstreke belangriker lyk as die lewe van vyf jong seuns.

Die Otters op die Bosveldplaas (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters op die Bosveldplaas (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Waar die Otters is, is daar nou eenmaal nie vrede nie. En ’n vakansie is vir die drie nie sommer net ’n gewone kuiertjie nie. Met die intrapslag loop dinge in Die Otters op die Bosveldplaas skeef: daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter: Bykans al die kuikens het deur groot gate in die sifdraad ontsnap en Litte is juis ’n man wat half sentimenteel raak wanneer ’n paar vinkies uitgeroei moet word. Maar hoe verdink ’n Otter dan ’n mede-Otter?

Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadsjapies nie ’n alledaagse verskynsel nie. Maar waarom kom die Otters een middag erg bedremmeld en gekneus en net geklee in grasrompies by die huis aan? En watter rol het Helene en Magriet, twee skoolpelle, om te speel?

Die Uile in Die Kalahari (Afrikaans, Paperback, Reprint ed): Cor Dirks Die Uile in Die Kalahari (Afrikaans, Paperback, Reprint ed)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Die lede van die Genootskap van die Groot Uil staar nuwe, vreemde bedreigings in die gesig … Philip Senekal, die leier van ’n vyftal vriende wat hulleself die Uile noem, oortuig sy pa om hulle almal saam te neem op ’n jagvakansie in die Kalahari. Maar die opwindende vakansie draai anders uit as wat hierdie seuns van Kranskop verwag het. Kort voor lank kruis hulle paaie met gevaarlike wilde diere en hulle moet uit verknorsings gehelp word. Wie is die geheimsinnige woestynman met sy onverstaanbare taal wat hulle elke keer help? En sal hy ook kan help wanneer die Uile deur ’n groep gevaarlike inboorlingpriesters ontvoer word?

Die Uile in Mosambiek (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile in Mosambiek (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

'n Noue ontkoming met 'n haai klink soos genoeg drama vir een vakansie - maar vir die Uile is dit maar die begin van 'n veel meer spannende episode!

Die Otters 1 (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Otters 1 (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R298 Discovery Miles 2 980 Ships in 12 - 17 working days

Gits! Dis ’n spul vriendelik mense! Die een wil jou laat vuis ruik en die ander wil op jou koekblik spring. Die Otters besluit dis ’n tyd in hulle lewe dat hulle moet saamstaan, want ’n koshuiskind het nou maar eenmaal sy plesier en ellendes. Buks gaan toe mos en sê vir ou Biltong sy vingers ruik na sigarette – wat ’n ellende!

Buks, Kassie en Litte sit buitendien in ’n verskriklike verknorsing. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die koshuisspens besteel het. ’n Mens kan jou nie indink dat die Otters sal steel nie, opsetlik sal wil inbreek nie... dis wat die kinders sê.

Die Uile in Die Wapad, Boek 9 (Afrikaans, Paperback): Cor Dirks Die Uile in Die Wapad, Boek 9 (Afrikaans, Paperback)
Cor Dirks
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Die vyf vriende bekend as die Uile kan aan geen lekkerder manier dink om hul somervakansie te spandeer as 'n fietstoer deur Mpumalanga nie. Natuurlik is die avontuur nie sonder onvoorsiene uitdagings nie. Die asems word opgehou wanneer Berrie se fietsketting breek op 'n smal bruggie terwyl daar 'n voertuig van voor kom. Sal die Uile hierdie keer weer uit die moeilikheid kan kom? Gelukkig ontmoet hulle 'n vriendelike vragmotorbestuurder wat aanbied om hulle teen die lang bergpas uit te neem. Of is dit eerder ongelukkig?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Multi Colour Jungle Stripe Neckerchief
R119 Discovery Miles 1 190
Oversized Top & Ribbed Leggings Set…
R599 Discovery Miles 5 990
RCT K19 Standard 104 Key USB Keyboard
R175 Discovery Miles 1 750
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Cadac Pizza Stone (33cm)
 (18)
R363 Discovery Miles 3 630
Estee Lauder Beautiful Belle Eau De…
R2,241 R1,652 Discovery Miles 16 520
Snyman's Criminal Law
Paperback R1,301 R1,153 Discovery Miles 11 530
Bestway Hydro-Swim Squiggle Wiggle Dive…
R62 Discovery Miles 620
Aerolatte Cappuccino Art Stencils (Set…
R110 R95 Discovery Miles 950
Joseph Joseph Index Mini (Graphite)
R642 Discovery Miles 6 420

 

Partners